Vishoekhuisies Opgegradeer
Hierdie losstaande huise bestaan uit een 4-bed-, een 6-bed- en agt 8-bedeenhede. Die 8-bedselfsorgeenhede het drie aparte slaapkamers met ʼn dubbelbed in die hoofslaapkamer, twee enkelbeddens in die tweede kamer met twee stapelbeddens vir vier persone in die derde kamer. Drie van die 8-bedeenhede se hoofslaapkamer is toegerus met ’n dubbelbed en die ander twee kamers met stapelbeddens vir onderskeidelik twee en vier persone. Die 6-bedeenheid het twee aparte slaapkamers met ʼn dubbelbed in die hoofslaapkamer, twee enkelbeddens in die tweede kamer en 2 slaapbanke in die leefarea. Die 4-bedeenheid het ’n dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 18 jaar. Die Vishoekhuise se badkamers het storte. Die kombuise het elkeen ʼn stoof met ’n oond en die eenhede is ten volle toegerus vir onderskeidelik agt, ses en vier persone. Al die eenhede het lugversorging.
Sien Alle Akkommodasie

Diamant-Suite
2-Slaper Eehede

Houthuise
6-Slaper Eehede

Tenthuise
4-Slaper Eehede

Vishoekhuisies Opgegradeer
4, 6 en 8-Slaper Eehede

Woonstelle
4 en 5-Slaper Eehede

Berghuise
3 ster 6 bed-selfsorgeenhede

Kristalkamer
2-Slaper Eehede

Kamers
2-Slaper Eehede

Karavaan-en-Kampeerterrein
Woonwa-en Kampeerterrein