WELKOM BY ATKV-KLEIN-KARIBA

Die juweel van die bosveld!

Akkommodasie

ATKV-Klein-Kariba bied 'n wye verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies, insluitend woonstelle, berghuise en tenthuise, wat voorsiening maak vir verskillende gesinsgroottes en -behoeftes. 

Fasiliteite

Die oord beskik oor 'n restaurant, wegneemete-kafee, geriefswinkel en 'n OTM op die perseel vir jou gerief. 

Vermaak

Gaste kan geniet van twee warm swembaddens, 'n verhitte binnenshuise swembad, 'n koue buiteswembad en 'n plaspoel. Daar is ook 'n waterwurm, 9-putjie kortystergholfbaan, 18-putjie minigholfbaan, vlugbal en rugby, perderitte, wildbesigtiging, staproetes, fietsry, trap- en roeibootjies, visvang, potspel en elektroniese speletjies. Vir die avontuurlustiges is daar vierwielaangedrewe motorfietsritte, zip-line toere en elektriese fietse beskikbaar.