A 5-Bedwoonstel, stoep met dak
Die dupleks-5-bedeenhede se boonste verdieping het twee slaapkamers en ʼn badkamer met ʼn stort. Die hoofslaapkamer het ʼn dubbelbed en die ander kamer twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek met ʼn 2-plaatstofie en ʼn enkelslaapbank wat geskik is vir persone tot 18 jaar is op die grondverdieping. Die eenhede is ten volle toegerus vir vyf persone en het nie lugversorging nie. Die eenheid is toegerus met ‘n ingeboude braai en stoep met dak.
A 4-Bed Woonstel (Bad)
Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 18 jaar. Die kombuis het ʼn 2-plaatstofie en die woonstelle is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ʼn bad. Die eenhede het nie lugversorging nie.
A 4-Bed Woonstel (Stort)
Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 18 jaar. Die kombuis het ʼn 2-plaatstofie en die woonstelle is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ʼn stort. Die eenhede het nie lugversorging nie.
A 4-Bed Woonstel (Stoep met dak)
Die 4-bedwoonstelle is op die grondverdieping van die duplekswoonstelgebou. Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 18 jaar. Die kombuis het ʼn 2-plaatstofie en die woonstelle is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ʼn stort. Die eenheid het ‘n stoep met dak oor, plus ‘n ingeboude braai. Die eenhede het nie lugversorging nie.
A 4-Bed Woonstel (Eerste Vloer)
Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 18 jaar. Die kombuis het ʼn 2-plaatstofie en die woonstelle is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ʼn stort. Die eenhede het onder ‘n privaat braai area op ‘n stoep met ‘n dak. Die eenhede het nie lugversorging nie.
B 5-Bed Woonstel
Die dupleks-5-bedwoonstelle het ʼn slaapkamer met ’n dubbelbed en badkamer met ʼn stort op die boonste verdieping, asook ʼn oopplanslaapkamer met twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek is op die grondverdieping met ʼn dubbelslaapbank of een enkelslaapbank, albei geskik vir persone tot 18 jaar. Die kombuis het ’n 2-plaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie en die eenhede is ten volle toegerus vir vyf persone. Elke eenheid het ʼn stoepie met ʼn braaiplek. Die eenhede het nie lugversorging nie.
B 4-Bedwoonstel
Die 4-bedwoonstelle is op die grond- of eerste verdieping van die duplekswoonstelgebou. Die hoofslaapkamer met ʼn dubbelbed het ʼn en suite-badkamer met ʼn stort. Twee van die eersteverdiepingwoonstelle het ʼn bad in die badkamer. In die oopplankombuis/woonvertrek is ʼn dubbelslaapbank of twee enkelslaapbanke, almal geskik vir persone tot 18 jaar. Die kombuis het ʼn 2-plaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie en die eenhede is ten volle toegerus vir vier persone. Daar is nie ʼn stoepie nie en die braaigeriewe word gedeel tussen die twee woonstelle op die grond- en eerste verdieping. Die eenhede het nie lugversorging nie.
C 4-Bedwoonstel
Die dupleks-4-bedeenhede se boonste verdieping het twee private slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek met ’n tweeplaatstofie is op die grondverdieping. Die eenhede is ten volle toegerus vir vier persone en elkeen het lugversorging. Elke eenheid het ’n stoepie met ’n braaiplek.
C 4-Bedhoekwoonstelle
Die dupleks-4-bedeenhede se boonste verdieping het twee private slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer het stapelbedjies. Die oopplankombuis/woonvertrek met ’n tweeplaatstofie is op die grondverdieping. Die eenhede is ten volle toegerus vir vier persone en elkeen het lugversorging. Elke eenheid het ’n stoepie met ’n braaiplek.

Diamant-Suite
2-Slaper Eehede

Houthuise
6-Slaper Eehede

Tenthuise
4-Slaper Eehede

Vishoekhuisies Opgegradeer
4, 6 en 8-Slaper Eehede

Woonstelle
4 en 5-Slaper Eehede

Berghuise
3 ster 6 bed-selfsorgeenhede

Kristalkamer
2-Slaper Eehede

Kamers
2-Slaper Eehede

Karavaan-en-Kampeerterrein
Woonwa-en Kampeerterrein