Skip to the content

Berghuise

Losstaande selfsorgeenhede geskik vir ses persone met ’n oopplankombuis en leefarea ten volle toegerus vir ses persone, lugreëling en badkamer.

3-Ster Berghuise

Die (3-ster) losstaande 6-bedselfsorgeenhede het twee aparte slaapkamers met ʼn dubbelbed in die hoofslaapkamer en twee enkelbeddens in die ander kamer. Die oopplankombuis/woonvertrek het ʼn dubbelslaapbank of twee enkelslaapbanke wat geskik is vir persone tot 18 jaar. Daar is ʼn stort in die badkamer met ʼn 2-plaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie in die kombuis. Hierdie eenhede is ten volle toegerus vir ses persone met lugversorging in die woonvertrek en in die hoofslaapkamer.

4-Sterberghuise

Die (4-ster) losstaande 6-bedselfsorgeenheid het twee aparte slaapkamers met ʼn dubbelbed in die hoofslaapkamer en twee enkelbeddens in die ander kamer. Verder beskik die hoofslaapkamer oor ’n en suite-badkamer, met ’n bad en in die tweede badkamer is daar ʼn stort. Die oopplankombuis/woonvertrek het twee enkelslaapbanke (wat geskik is vir persone tot 18 jaar) met ʼn 2-plaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie in die kombuis. Hierdie eenheid is ten volle toegerus vir ses persone met lugversorging in die woonvertrek en in die hoofslaapkamer.

Sien alle akkommodasie

Diamant-Suite ATKV Klein-Kariba

Diamant-Suite

2-Slaper Eehede

Log Cabins ATKV Klein-Kariba

Houthuise

6-Slaper Eehede

Tent houses ATKV Klein-Kariba

Tenthuise

4-Slaper Eehede

Vishoek Houses ATKV Klein-Kariba

Vishoekhuisies Opgegradeer

4, 6 en 8-Slaper Eehede

Flats ATKV Klein-Kariba

Woonstelle

4 en 5-Slaper Eehede

Mountain cabins ATKV Klein-Kariba

Berghuise

3 ster 6 bed-selfsorgeenhede

Kristalkamer ATKV Klein-Kariba

Kristalkamer

2-Slaper Eehede

Rooms ATKV Klein-Kariba

Kamers

2-Slaper Eehede

Karavaan-en-Kampeerterrein

Woonwa-en Kampeerterrein