Sesbed-berghuis (rolstoelvriendelik)
![]() |
49 m2 |
![]() |
Slaap 6 (maksimum 4 volwassenes) |
![]() |
2 slaapkamers |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die tweeslaapkamereenheid beskik oor ’n hoofslaapkamer met ’n dubbelbed en ’n tweede slaapkamer met twee enkelbeddens.
Die oopplan-kombuis en -sitkamer het óf twee enkelslaapbanke óf een dubbelslaapbank wat geskik is vir kinders tot 13 jaar oud.
Die badkamer het ’n stort. Die eenheid is lugversorg en daar is ’n onderdakstoep met ’n ingeboude braai.
Die eenheid is rolstoelvriendelik.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Lugversorging |
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Onderdakstoep |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir twee voertuie |
![]() |
Rolstoelvriendelik |





