Sesbed-berghuis (vierster)
![]() |
52 m2 |
![]() |
Slaap 6 (maksimum 4 volwassenes) |
![]() |
2 slaapkamers |
![]() |
2 badkamers |
![]() |
Selfsorg |
Die tweeslaapkamereenheid bied pragtige berguitsigte. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en ’n badkamer met ’n bad.
Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens, en die tweede badkamer beskik oor ’n stort. Die sitkamer het twee slaapbanke wat geskik is vir kinders tot 13 jaar oud.
Die eenheid is lugversorg en daar is ’n onderdakstoep met ’n ingeboude braai.
Let wel: Daar is 67 trappe vanaf die parkeerplek tot by die ingang van die eenheid, wat teen ’n steil helling geleë is.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Lugversorging |
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Onderdakstoep |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir twee voertuie |





