Sesbed-houthuis (dam-area)

70 m2

Slaap 6 (maksimum 4 volwassenes)

2 slaapkamers

1 badkamer

Selfsorg


Die tweeslaapkamereenheid is geleë in die dam-omgewing. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens. 

Die oopplan-kombuis en sitkamer beskik oor ’n dubbelslaapbank wat geskik is vir kinders tot 13 jaar oud.

Die badkamer het ’n bad en ’n handstort. Die eenheid is lugversorg en daar is ’n onderdakstoep met ’n braai-area naby die huis.

Let wel: Toegang tot die eenheid is via trappe. ’n Beperkte aantal eenhede bied ’n uitsig oor die dam.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakstoep

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir twee voertuie