Sesbed-houthuis (kloof)

70 m2

Slaap 6 (maksimum 4 volwassenes)

2 slaapkamers

1 badkamer

Selfsorg


Die tweeslaapkamereenheid beskik oor ’n hoofslaapkamer met ’n dubbelbed en ’n tweede slaapkamer met twee enkelbeddens. 

Die oopplan-kombuis en sitkamer het twee enkelslaapbanke wat geskik is vir kinders tot 13 jaar oud.

Die eenheid is lugversorg en daar is ’n onderdakstoep met ’n braai-area naby die eenheid.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakstoep

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir twee voertuie