Vierbed-tenthuis
![]() |
38 m2 |
![]() |
Slaap 4 (maksimum 2 volwassenes) |
![]() |
Oopplan-kamer |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die tenthuis is op ’n betonblad gebou en beskik oor ’n oopplan-leef- en slaaparea met ’n dubbelbed en twee enkel-uittrekslaapbanke wat geskik is vir kinders tot 13 jaar oud.
Die ingeboude badkamer het ’n stort. Daar is ’n kombuis en ’n TV in die leefarea. Die eenheid het nie lugversorging nie.
Buite is daar ’n losstaande braai met ’n piekniekbankie.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Ten volle toegruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir een voertuig |





