Agtbed-Vishoek-huis
![]() |
121 m2 |
![]() |
Slaap 8 (maksimum 2 volwassenes) |
![]() |
3 slaapkamers |
![]() |
2 badkamers |
![]() |
Selfsorg |
Die losstaande eenheid beskik oor drie aparte slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed, die tweede slaapkamer ’n enkelstapelbed wat geskik is vir twee persone, en die derde slaapkamer twee enkelstapelbeddens wat geskik is vir vier persone.
Daar is twee badkamers, albei met storte. Die eenheid is lugversorg.
Let wel: Slegs kinders onder 13 jaar mag op die boonste bed van die stapelbeddens slaap.
Die eenheid het ’n onderdakstoep met ’n ingeboude braai.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Lugversorging |
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Onderdakstoep |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir twee voertuie |





