Vierbed-Vishoek-huis

27 m2

Slaap 4 (maksimum 2 volwassenes)

1 slaapkamer

1 badkamer

Selfsorg


Die losstaande eenheid bied slaapplek vir vier persone. Die slaapkamer het ’n dubbelbed en die sitkamer beskik oor twee enkelslaapbanke wat geskik is vir kinders tot 13 jaar oud.

Die badkamer het ’n stort. Die kombuis is volledig toegerus vir vier persone. 

Die eenheid is lugversorg en daar is ’n onderdakstoep met ’n ingeboude braai.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakstoep

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig