Vierbed-woonstel A
![]() |
24 m2 |
![]() |
Slaap 4 (maksimum 2 volwassenes) |
![]() |
1 slaapkamer |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die eerstevloereenheid beskik oor ’n slaapkamer met ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort.
In die sitkamer is daar óf twee enkelslaapbanke óf een dubbelslaapbank wat geskik is vir kinders tot 13 jaar oud.
Elke eenheid het ’n privaat braai-area met ’n onderdakstoep op die grondvloer. Die eenheid het geen lugversorging nie.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Ten volle toegruste kombuis |
![]() |
Onderdakstoep (langs die eenheid) |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir een voertuig |





