Vierbed-woonstel B

24 m2

Slaap 4 (maksimum 2 volwassenes)

1 slaapkamer

1 badkamer

Selfsorg


Die grondvloereenheid van ’n blok duplekswoonstelle beskik oor ’n slaapkamer met ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort. 

In die sitkamer is daar óf twee enkelslaapbanke óf een dubbelslaapbank wat geskik is vir kinders tot 13 jaar oud.

Die eenheid het geen stoep nie, en die braaigeriewe word gedeel tussen die twee woonstelle op die grond- en eerste verdieping.

Die eenheid het geen lugversorging nie.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

TV

Beperkte DStv

Gedeelde buite-piekniekbank

Gedeelde braaigeriewe

Ten volle toegruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig