Vierbed-woonstel C

48 m2

Slaap 4 (maksimum 2 volwassenes)

2 slaapkamers

1 badkamer

Selfsorg


Die duplekseenheid beskik oor twee slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort op die boonste verdieping. 

Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens.

Op die onderste verdieping is daar ’n kompakte oopplan-kombuis en -sitkamer. 

Die eenheid is lugversorg en beskik oor ’n stoep met braaigeriewe.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

TV

Beperkte DStv

Buitemeubels

Braai-area

Ten volle toegruste kombuis

Onderdakstoep

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig