Vyfbed-woonstel A (tipe-1)
![]() |
44 m2 |
![]() |
Slaap 5 (maksimum 4 volwassenes) |
![]() |
2 slaapkamer |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die duplekseenheid beskik oor twee slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens.
Op die onderste verdieping is die oopplan-kombuis en -sitkamer met ’n enkelslaapbank wat geskik is vir ’n kind tot 13 jaar oud.
Die eenheid het ’n onderdakstoep met braaigeriewe. Die eenheid het nie lugversorging nie.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Ten volle toegruste kombuis |
![]() |
Onderdakstoep |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir een voertuig |





