Vyfbed-woonstel A (tipe-2)

44 m2

Slaap 5 (maksimum 2 volwassenes)

1 slaapkamer

1 badkamer

Selfsorg


Die eenheid beskik oor ’n slaapkamer op die boonste verdieping wat uitloop na ’n oopplan-kamer met twee enkelbeddens. Daar is ’n gedeelde badkamer met ’n stort op die boonste vloer.

Op die onderste verdieping is die kombuis en sitkamer, met ’n slaapbank wat geskik is vir ’n kind tot 13 jaar oud. 

Die eenheid het ’n onderdakstoep met braaigeriewe. Die eenheid het geen lugversorging nie.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

TV

Beperkte DStv

Buitemeubels

Braai-area

Ten volle toegruste kombuis

Onderdakstoep

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig