Vyfbed-woonstel B
![]() |
44 m2 |
![]() |
Slaap 5 (maksimum 2 volwassenes) |
![]() |
1 slaapkamer |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die eenheid beskik oor ’n slaapkamer op die boonste verdieping wat uitloop na ’n oopplan-kamer met twee enkelbeddens wat geskik is vir kinders. Daar is ’n gedeelde badkamer met ’n stort op die boonste vloer.
Op die onderste verdieping is die kombuis en sitkamer, met ’n slaapbank wat geskik is vir ’n kind tot 13 jaar oud.
Die eenheid het ’n stoep sonder ’n dak met ’n ingeboude braai. Die eenheid het geen lugversorging nie.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Ten volle toegruste kombuis |
![]() |
Stoep |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir een voertuig |





