Skip to the content

Kennisgewing van beplande instandhouding by AKTV-Klein-Kariba

Neem asseblief kennis van die volgende beplande instandhouding by ons oord om die instandhouding van al ons fasiliteite te verseker:

Binnehuise verhitte swembad: Gesluit vanaf 6-16 April 2025. Die buitenste verhitte swembad sal oop bly.

• Waterglybaan: Gesluit vanaf 12-22 Mei 2025.
• Buitenste verhitte swembad by die Nestlé-verhoog en die kinderswembadarea: Gesluit vanaf 2-12 Junie 2025. Die binnehuise verhitte swembad en ʼn alternatiewe verhitte swembad buite sal oop wees.
• Verhitte swembad buite by die padelbaan: Gesluit vanaf 21-28 Julie 2025. Die binnehuise verhitte swembad en ʼn alternatiewe verhitte swembad buite sal oop wees.

Dankie vir u begrip terwyl ons werk om u ervaring te verbeter.

Die jaarlikse prysverhoging vind plaas op 1 Maart. Besprekings en navrae oor beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons sentrale besprekingskantoor by +27 11 919 9092 of die oord by +27 14 736 9800.

Dagbesoekers sal, na gelang van kapasiteit, op die oorde toegelaat word.

N.a.v. die BTW-verhoging van toepassing vanaf 1 Mei 2025, sal aangepasde tariewe so spoedig moontlik beskikbaar gemaak word. Vir navrae, skakel die oord van jou keuse direk, ons sentrale-besprekingskantoor op 0119199092 of besoek ons aanlynbesprekingsportaal.